Anatoli Karpof

Anatoli Karpof
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Anatoli Karpof in 2018

Naam Anatoli Jewgenjewitsj Karpof
Geboorte 23 Mei 1951 (1951-05-23)
Rusland
Nasionaliteit(e) Vlag van Rusland Rusland
Titel Grootmeester 1970
Beste gradering 2780 (Julie 1994)
Wêreldkampioen 1975–1985
1993–1999 (FIDE)

Anatoli Jewgenjewitsj Karpof (gebore 23 Mei 1951) is 'n Russiese skaakspeler en grootmeester en voormalige Wêreldkampioen. Hy was die kampioen vanaf 1975 tot 1985 toe hy verslaan was deur Garri Kasparof. Hy het 3 keer teen Kasparof gespeel vir die titel vanaf 1986 tot 1990, en toe weer die kampioen toe Kasparof FIDE verlaat het in 1993. Hy was die kampioen tot 1999, toe hy afgetree het in protes teen FIDE se nuwe kampioenskap reëls.

Hy het oor 'n 160 keer eersteplek by 'n toernooi gewen.[1] Sy beste gradering was 2780, en hy was vir 102 maande die wêreld se no.1 vanaf die FIDE ranglys begin het in 1970.

  1. van Reem, Eric (11 Augustus 2005). "Karpov, Kortchnoi win Unzicker Gala" (in Engels). ChessBase. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 November 2012. Besoek op 2 Julie 2009.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search